The
Leader of the Ossewa Brandwag
JOHANNES
FREDERIK JANSE VAN RENSBURG
b1 c5 d2 e9 f3 g? h?
Author: A.M. van Rensburg (b4
c2 d1 e6 f5 g5 h3 i2)
Webmaster: M.A. van Rensburg
(b4
c2 d1 e6 f5 g5 h3 i2 j1)
Back to home Back to Historical
Johannes Frederik Janse van Rensburg (known as Hans) was born 24 Sept 1898 and died 25 Sept 1966 at Cape Town. His parents were Johannes Frederik Janse van Rensburg and his wife Louise DE VILLIERS. This Ossewabrandwag leader was the great grandchild of the Loyalist Johannes Frederik Janse van Rensburg.
He completed his schooling at Winburg in 1918 and then went and studied at the University of Stellenbosch, he obtained a MA degree in German. With the ecouragment of advocate Tielman Roos, he went and studied and obtained LL.B in Law at Pretoria.
Rapid
Rise to Power
Van Rensburg
was born just prior to the outbreak of the Anglo-Boer War and this tragic event
played a significant role in the formation of his life. The subsequent policy
of Anglicization of the Boers had its negative impact on him. After his studies
at the University of Stellenbosch where he was very much influenced by his German
mentor Dr E. Friedlaender, he went and qualified as a solicitor. In 1924 he
became the private secretary to Roos the minister of Justice. In 1925 he became
the adviser to the Attorney-General. In 1930 he obtained his doctoral degree
at the University of Stellenbosch. In 1933 he became the Secretary of Justice.
In this capacity he visited many overseas countries and met Adolf HITLER, Hermann
GORRING and other German leaders. Van Rensburg admired the German language and
the discipline he observed, as well as the dynamic leadership of Adolf Hitler.
He had an attraction to the ideals of national-socialism.
Hans van Rensburg got married in 1925 to Catharina Johanna JOUBERT and they had a son, Jacobus Marthinus [other sources has has sons name as JFJ (Johan) ]and a daughter.
German
Nazi's gives impetus for Afrikaner Nationalism
On 1 December 1936, Hans at the young age of 38 years he was appointed
the Administrator of the Free State. He was also climbing at the same time the
ladder of the military establishment, at the commencement of the Second World
War he was a Colonel of the Free State Sixth Brigade. He felt uneasy when Jan
SMUTS became Prime Minister, Smuts had very strong British leanings. Van Rensburg
was offered the leadership of the Ossewa-Brandwag. This was a movement which
rose out of the commemoration of the Great Trek and the focus became more Afrikaner
nationalistic. Note their emblem above. They also emphasised the autrocities
of the Anglo-Boer War. The war between the British and Germans gave hope to
the Afrikaner to have the yoke of the British taken off their shoulders, and
ultimately having their own independent republic restored. Van Rensburg resigned
towards the latter part of 1940 as Administrator and became the commandant-general
of the OB on 15 January 1941. This was a volk movement but soon with the early
German success it became more militant in its ambitions. They formed their own
private army and was working for a 'sjambokracy'. The OB eventually had a fallout
with the political wing of the Afrikaners, they were starting to interfere in
what was considered the political domain, subsequently the OB declined in numbers.
With the victory of the National Party in 1948 the OB was no longer a major
force, van Rensburg remained its leader until 1952. See photo below and note
the variation in salute.
The
Biggest Mass Movement of Afrikaner Nationalism
To have witnessed gathering of the OB with 20,000 people
gathering at Rustenburg, and 30,000 at Springs was no small movement. The OB
reached 300,000 membership. There were three factors according to Marx which
brought about this mass movment of Afrikaner Nationalism. The Afrikaners had
just experienced their second great trek to the cities and they were divorced
from the land, this was a calling firstly tovolkseenheid' that is national unity.
Secondly they were united in their rejection of participating in the Second
World War against Germany. Thirdly they wanted to re-esablish a Republic, which
the centenial commemoration of the Great Trek in 1938 sparked. The emphasis
was more on Afrikaner Nationalism than Nazi ideology. They promoted getting
together at 'braaivleis' barbecues, the promoted 'jukskei' 'n Boer game,
and then worked at cultural events, and folk songs etc.
The open Nazi propogators were led by Oswald PIROW, and he had his own movement called "Nuwe Orde" which was a fascist movement.
See Photo of the Cape Leadership of the Ossewabrandwag, note the young later Prime Minister and President - John VORSTER and PW BOTHA. In the Transvaal the Ossewabrandwag operated two organisations: One was a cultural organisation and the other was the Stormjaers the later one was focused on performing deeds of sabotage. In the Cape the Stormjaers was not accepted.
Press
Reports of van Rensburg's Speeches
See
van Rensburg making a public speech.(77k) Visser p 16,17 reproduces the
following press releases:
"The aim of the Ossewabrandwag is to found a one-party, authoritarian and disciplined state wherein the people will not be allowed to say, rwite or do as they please to the detriment of the People and the Government" Eastern Province Herald, 29 May 1942.
""The Stormjaers must be regarded as animals but as soldiers of the future republic" Die Burger, 3 August 1942
"The Ossewabrandwag is of the opinion that a German victory is an obvious condition for and Afrikaner republic to come into existence. Liberation can happen only as a result of a German victory" Die Vaderland, 8 August 1942
"The national authoritarian state will arise in South Africa with the aid of the Ossewabrandwag and the returning soldiers ... If they stand together, democracy will be in a sorry state." Die Vaderland, 22 March 1943
After the victory of the National Pary in 1948, the OB became marginalised. Van Rensburg remained its leader until 1952. Subsequently hy served as adviser to some government bodies with regarding group areas, in Cape Town and also Port Elizabeth. In 1962 he bowed out of public life and went to live on his farm, "Mooi Eiland", Parys, his OB supporters gave this farm to him as a present. He remained a member of the board of SANLAM, SANTAM en Federale Mynbou. Van Rensburg without a doubt was a very popular leader he died on 25 September 1966 at Cape Town, and the state gave him a burial with full military honour on 1st October 1966 at Pretoria.
REFERENCES
George Cloete Visser,OB Traitors or Patriots
Christoph Marx, "The Ossewabrandwag as a Mass Movement", Journal
of Southern African Studies, Vol 20, No 2, 1994
Dictionary of South African Biography
(Rapport, Oktober 1999)
'n Stukkie waardevolle
geskiedenis uit Suid-Afrika se omstrede verlede kan dalk binnekort openbaar
word as die gerugte oor die Jan Smuts-regering se geheime Ossewa-Brandwag-lêers
waar blyk te wees.
Die sekretaris van die Bond van Boere-krygsgevangenes, mnr. Dries KRIEL, het
die hulp van die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) ingeroep om te help
om dié dokumente, wat blykbaar in die Britse staatsargief bewaar word,
terug te bring Suid-Afrika toe. Volgens KRIEL het hy onlangs by 'n Britse navorser
en geskiedskrywer gehoor dat genl. Jan SMUTS die OB-lêers voor die 1948-verkiesing
na Brittanje laat verskeep het, waar dit vir 100 jaar in die staatsargief verseël
en bewaar word. In sy brief aan die WVK beweer KRIEL daar bestaan verskeie verklarings,
onder meer een van die destydse stoeier en generaal in die OB, Johannes VAN
DER WALT, "dat die organisasie se top-struktuur in opdrag van SMUTS opgetree
het''. Hy beweer dat die OB gestig is om beheer uit te oefen oor Afrikaners
se pogings om die steun aan die Geallieerde Magte in die Tweede Wêreldoorlog
teen te staan. "Robey LEIBBRANDT, wat met my pa bevriend was, het op besoeke
aan ons huis vertel hoe die Afrikaner deur die OB om die bos gelei is,'' voer
KRIEL aan. Die WVK sê KRIEL se versoek het verdienste as daar inderdaad
sulke dinge gebeur het. Nadere inligting en agtergrond oor die bewerings is
nodig en dit moet verder nagevors word voordat 'n versoek aan pres. Thabo MBEKI
se kantoor kan rig dat die dokumente teruggevra word.
Die skrywer
mnr. Peter STIFF het gesê die enigste verwysing na die geheime verskeping
van sulke dokumente is in 1960 in die boek van brig. E.P.
HARTSHORN, getiteld Avenge Tobruk, gepubliseer. In die boek verwys HARTSHORN
in grafiese besonderhede hoe kratte vol dokumente en ander materiaal, vóór
die Nasionale Party se bewindsoorname in 1948, agter die ou Verdedigingshoofkwartier
in Potgieterstraat, Pretoria, in vragmotors gelaai is. Die dokumente is in opdrag
van SMUTS met vier vliegtuie na Brittanje geneem om te verhinder dat dit in
die hande van die NP-regering van dr. D.F. MALAN val.
(RApport Jan 1990):
Die omvang van die kontak tussen pro-Duitse Suid-Afrikaners en Nazi-Duitsland
in die Tweede Wêreldoorlog is nog nooit behoorlik ondersoek nie. In 'n
doktorale proefskrif wat onlangs aan die Universiteit van Bielefeld in Wes-Duitsland
voltooi is, onthul die historikus dr. Albrecht HAGEMANN egter onder meer hoe
die Ossewa-Brandwag - en veral sy leier, dr. Hans VAN RENSBURG - in die oorlog
met die Hitler-bewind geheul het.
Die SAP-bewind van genl. Jan SMUTS het onmiddellik ná die oorlog ondersoekers
na die verslane Duitsland gestuur om in die Duitse argiewe bewyse vir
moontlike aanklagte van hoogverraad te soek. Veel kon die ondersoekers nie vind
nie. Wat wel bekend was, was dat die OB deur die Duitse konsulaat in Lourenco
Marques kontak met die Duitse departement van buitelandse sake gehad het, maar
geen bewyse van hoogverraad kon verkry word nie. Dit was ook bekend dat die
Duitsers voelers na dr. D.F. MALAN, leier van die NP, uitgesteek het, maar ondanks
pogings van die SMUTS-regering om hom te
diskrediteer, kon ook hier geen aanduidings van onbehoorlike optrede gevind
word nie. As die SMUTS-bewind toegang gehad het tot die argiewe waarop HAGEMANN
sy bevindings grond, sou 'n aanklag van hoogverraad teen dr. Hans VAN RENSBURG,
moontlik wel geformuleer kon word.
Dr. HAGEMANN het onlangs die doktorsgraad in die geskiedenis van die Universiteit
van Bielefeld in Wes-Duitsland verwerf op die proefskrif Sudafrika
und das ''Dritte Reich'' - Rassenpolitische Affinität und machtpolitische
Rivalität. Dit is uitgegee deur Campus Verlag in Frankfurt as band 628
van die
universiteit se reeks Campus Forschung.
Die proefskrif handel oor veel meer as net die kontak tussen Suid-Afrikaners
en die Hitler-bewind. Onder meer is daar ook 'n uiteensetting van die sogenaamde
Christelike nasionalisme van destyds en 'n vergelyking daarvan met die fascisme,
asook die ideë wat in die NP, die OB en die Afrikaner-Broederbond geleef
het. Begin Augustus 1940 het die OB die Duitse regering in kennis gestel dat
hy met 160 000 lede en 15 000 anti-SMUTS-soldate gereed staan om teen die Regering
op te staan. So 'n opstand sou egter net met Duitse hulp nodig wees, veral in
die vorm van wapenlewering. Die OB het twee operasionele planne aan die Duitsers
voorgelê. Die eerste was 'n ''noordplan'' waarvolgens Afrikaners in Suid-Rhodesië
'n vliegveld vir aankomende Duitse troepe sou inrig. Die ''wesplan'' het wapenlewering
met duikbote aan die kus van Suidwes voorgestel. Die opperbevel van die Duitse
weermag moes 'n dag bepaal waarop alle spoorweg- en padbrûe in Transvaal
en Natal opgeblaas sou word. Die staatsdiens en spoorwegpersoneel sou dan 'n
staking begin, Engelstalige koerante sou met plofstof vernietig word, terwyl
voorgegee sou word dat genl. SMUTS en sy aanhang selfmoord gepleeg het. Verdere
reëlings is aan die Duitse opperbevel oorgelaat. Op 06 November 1940 het
dr. VAN RENSBURG die Duitsers laat weet dat die OB met 170 000 man gereed staan
vir die ''onafhanklikheidstryd''. Daarvoor was egter
Duitse wapens nodig. ''Gedurende die oorlog,'' so het dr. VAN RENSBURG se boodskap
gelui, ''sal die Afrikaners lugmag- en vlootbasisse tot die
beskikking van Duitsland stel, asook brandstof. Ná die oorlog sal die
republiek na die inlywing van die protektorate streef, asook ekonomiese en politieke
samewerking met Duitsland. Die Suid-Afrikaanse strydkragte moet volgens Duitse
voorbeeld opgebou en met Duitse
wapens toegerus word.'' Op 09 November 1940 is in die departement van buitelandse
sake in Berlyn 'n verdere boodskap van dr. VAN RENSBURG ontvang waarin hy die
bereidheid van die
OB tot aksie ''in die vorm van sabotasie op die oomblik van 'n Duitse aanval
op die Unie'' beklemtoon het. Begin Mei 1942 het 'n Duitse spioen, die Nederlandse
Nazi ELFERINK, sy
opdraggewers in Berlyn ingelig oor 'n gesprek wat hy met dr. VAN RENSBURG gehad
het. Daarin het VAN RENSBURG weer eens aangedring op Duitse militêre inmenging
in Suid-Afrika en selfs voorgestel dat Suid-Afrikaanse hawestede deur die Duitse
vloot gebombardeer word. En op 20 Julie berig ELFERINK dat dr. VAN RENSBURG
''die Duitse inlywing van Suid-Afrika waarskynlik en nodig'' ag. As Duitsland
'n Gauleiter (Nazi-goewerneur) na Suid-Afrika stuur, moet dit liefs veldm. Erwin
ROMMEL wees, want hy is baie gelief in Suid-Afrika.
Die Duitsers het deur die besoek van die Duitse egpaar DENK en die Nederlander
ELFERINK ook voelers na dr. MALAN uitgestoot. Hulle het inderdaad met dr. MALAN
gepraat, maar hy het hom baie korrek gedra en geen beloftes gedoen nie. 'n Ander
interessante gesprek waaroor dr. HAGEMANN berig, is dié tussen dr. Nic
DIEDERICHS - destyds leier van die Broederbond, OB-lid en latere Staatspresident
- en Hellmuth KIRCHNER, sekretaris van die Duits-Suid-Afrikaanse Geselskap,
in Mei 1939 in Berlyn. In die gesprek het dr. DIEDERICHS sy gasheer meegedeel
dat die NP nooit in die posisie sou wees om alleen te regeer nie; daarvoor is
sy ''huidige leiers nog te veel vasgevang in demokratiese ideë''. Daarom
is 'n verreikende verandering in die leiding van die party nodig. Ook dr. Piet
MEYER, OB-voorman en later voorsitter van die SAUK se beheerraad, het voor die
oorlog kontak met die ''Antikomintern'', die Nazi's se internasionale anti-Kommunistiese
organisasie, onderhou. Dr. A.L. GEYER, redakteur van Die Burger, het drr. DIEDERICHS
en MEYER albei as ''deur en deur Nazi's'' bestempel, skryf dr. HAGEMANN.
Boek ressensie
in (Rapport):
Between
Crown and Swastika: The Impact of the Radical Right on the Afrikaner Nationalist
Movement in the Fascist Era, deur Patrick J. FURLONG, Witwatersrand University
Press, Johannesburg, 1991, sagteband, 344 bladsye:
Prof. FURLONG se studie oor die invloed van die Nasionaal-Sosialisme op die
Afrikanernasionalisme is nie die eerste van sy aard nie. Begin sewentigerjare
het dr. Frik VAN HEERDEN sy doktorale proefskrif daaroor geskryf, maar dit is
nie gepubliseer nie. Prof. FURLONG, 'n gebore Suid-Afrikaner, het in 1992 in
Kansas, VSA, gewoon. Sy boek is 'n deeglike, nugtere en wetenskaplik verantwoorde
kennismaking. Hy neem die leser op 'n reis deur die Afrikanerdenke van die jare
1930s en 1940s, en dui oortuigend aan dat die Fascisme en die Nasionaal-Sosialisme
dit in beperkte, maar belangrike mate beïnvloed het. Die anti-kapitalistiese
emosies, die anti-semitisme, die plek-plek anti-demokratiese ideë van die
Afrikanerdenke in die tyd alles kom onder 'n genadeloos dissekterende kollig
wat alles haarskerp uitwys. Vir Suid-Afrikaanse lesers word die argiewe van
die ''Auswärtiges Amt'', die Duitse Departement van Buitelandse Sake, ook
vir die eerste keer ontgin. Daarin kom interessante materiaal na vore oor die
hoogverraderlike geheul van dr. Hans VAN RENSBURG, leier van die Ossewa-Brandwag,
met die Duitsers. 'n Aantal punte van kritiek is daar wel:
* Die skrywer het nie die OB-dokumenteversameling in Potchefstroom, of 'n belangrike
werk soos dié van H.G. STOKER (Die Stryd om die Ordes) geraadpleeg nie;
* Die Marxiste het op sigself gelyk as hulle sê denke kan nie uit hulleself
verklaar word nie. Dat die materiële agtergrond van die Afrikanerdenke
(die invloed van die Depressie en die Afrikaner se ekonomiese agterstand) so
min aandag kry, is daarom 'n enstige leemte;
* Afrikaans kan darem nie 'n ''creole patois'' genoem word nie (p. 28);
* Die invloed van Kuyper se neo- Calvinisme op Afrikaner-intellektuele word
swaar oordryf; en
* Prof. FURLONG se insig in die negentiende-eeuse Afrikanerdenke is onvoldoende.
Dit is jammer, want anders sou hy ingesien het dat sommige dinge wat hy aan
die invloed van die Fascisme toeskryf, in der waarheid al veel vroeër by
die Afrikaner aanwesig was.
Die boek 'n welkome toevoeging tot die historiografie van die jare 1930s en
1940s. Dit is verpligte leesstof vir elkeen wat die Afrikaner se optrede ná
1948 wil begryp.
OTHER DOCUMENTAL RESOURCES
DEPOT
INEG Bloemfontein
Type Foto
Ref FT42
Description Inswering van dr. JFJ van Rensburg as kmdt.-genl. van die OB.
Depot SAB
Type: Aanwins
Ref: A133
Description: Dr. Hans van Rensburg-versameling
Starting: 1920
Ending: 1972
+ 'n Lewenskets.
+ 'n Vertelling oor sy jeug deur sy neef, Jan van Rensburg (1971).
+ 'n Lewenskets van JFJ van Rensburg oorlede te Winburg 1880.
Depot
SAB
Type: Aanwins
Ref: A174
Description: Dr. JFJ (Hans) van Rensburg
Starting 1914
Ending 1915
Remarks: Skenker: JFJ (Johan) van Rensburg, 1977; 0,08m; 1 band
(hoofsaaklik afdrukke).
Toeganklikheidsbeperking.
Summary: Johannes FJ van Rensburg, MA, LLD, (1898-1966) was o.a.
Sekretaris van Justisie, Administrateur van die OVS en leier
van die Ossewabrandwagbeweging.
+ 'n Ongepubliseerde biografie van dr. Van Rensburg, geskryf deur sy seun, JFJ
(Johan) van Rensburg
Depot
SAB
Type Aanwins
Ref A133
Description Dr. Hans van Rensburg-versameling
Starting 1920
Ending 1972
Remarks Skenker: JFJ van Rensburg, 1975; 0,09m; 1 band.
Summary Johannes FJ van Rensburg MA, LLD, (1898-1966) was oa Sekretaris van
Justisie, Administrateur van die Vrystaat, en leier van die Ossewabrandwag-beweging.
+ Semi-offisiele korrespondensie mbt: personeelaangeleenthede van Dept Justisie;
WG Kirstein, Marienthal ivm lg se getuienis voor die SWA-kommissie (1935); prof.
WA Joubert oor die keuse van 'n terrein vir die Stellenboschse stadsaal; sy
werksaamhede ens ivm die kommissie oor registrasie van Angola-huwelike in SWA,
soos oa die aanstelling van Alfred Meyer as sy sekretaris.
+ Ander dokumente rakende die kommissie vir die wettiging van Angola-huwelike
in SWA ens. Reisplan van die kommissie (1934); staatskoerant van SWA met aankondiging
van aanstelling van die kommissie; 'n verslag oor omstandighede van Angola-boere
wat hulle in 1928 in SWA gevestig het; 'n lys van Angola-boere waarvan die huwelike
(1935) gewettig is.
+ Persoonlike dokumente van Van Rensburg soos oa: 'n doopseel; verskeie aanstellingsbriewe;
WO; rangverhogings in die Verdedigingsmag; sy OB-sertifikaat en skrywes oor
behoud van sy staatsdienspensioen.
+ 'n Lewenskets.
+ 'n Vertelling oor sy jeug deur sy neef, Jan van Rensburg (1971).
+ 'n Lewenskets van JFJ van Rensburg oorlede te Winburg 1880. + Toesprake gelewer
deur Van Rensburg, waaronder sy eerste toespraak as leier van die OB, - gehou
te Kroonstad, 15 Jan 1941; een gehou by 'n kommando-dinee te Harrismith, 1937;
een gehou voor die ANS, Bloemfontein, 1937 oor pres. Steyn as staatsman.
+ 'n Brief van ds. Kestell oor Van Rensburg se toespraak op Edenburg, 1938.
+ 'n Brief van ds. Kestell oor Van Rensburg se toespraak op Edenburg, 1938.
+ Briewe rakende sy proefskrif: Opvolging van roerende goed in die derde hand.
+ Briewe van Van Rensburg aan sy vriend Albert Hertzog, terwyl lg. in Duitsland
studeer het (53 briewe), 1920-1930.
+ Korrespondensie tussen Van Rensburg en F Brebner.
+ 'n Artikel oor die Afrikaner se indrukke van die nuwe Duitsland.
+ 'n Verslag oor militere bedrywighede in Engeland en Duitsland (1936), met
veral verwysings na opleiding en militere oefeninge. as staatsman.