Armoria
http://www.oocities.org/binneskild

Temas – olifante

Om meer te leer oor die wapens wat hier verskyn, kliek op die beelde.

DIE Afrika-olifant (Loxodonta africana) verskyn in heelwat wapens, as gehele dier, die kop alleen, of verteenwoordig deur sy ivoortande. Die heel oudste in die munisipale heraldiek van Suid-Afrika is dié van Pietermaritzburg. Die Afdelingsraad Port Elizabeth deel ’n staande olifant met sy opvolger, die Nelson Mandela Metropool, wat ook ’n paar swart olifanttande het, terwyl Knysna ’n olifantkop het.

staande olifant in die 1854-wapen van Pietermaritzburgstaande olifant in die na-1963-wapen van Pietermaritzburgstaande olifant in die wapen van die Afdelingsraad Port Elizabethstaande olifant in die wapen van die Nelson Mandela Metropoololifantkop in die wapen van Knysna

Venda het eers slegs ’n staande olifant gehad, maar met sy “onafhanklikheid” is dit na ’n olifantkop verander, en het twee klimmende olifante as skildhouers bygevoeg.

’n staande olifant in die wapen van Venda (voor ‘‘onafhanklikheid’’)drie olifante in die wapen van ‘‘onafhanklike’’ Venda

Olifanttande is in die verlede gesog as bron van ivoor – olifante is as gevolg van jagterslus uit baie dele van Afrika uitgejag. Terwyl Suid-Afrika en enkele ander lande in Afrika huidig goed vir hulle olifante sorg, loop groot dele van die vasteland die gevaar dat hulle elke laaste olifant sal verloor. Olifante word in die huidige wapen van Suid-Afrika gesimboliseer deur twee olifanttande wat in die plek van skildhouers staan. En in die wapen van Ciskei is vier ivoor-armringe, simbool van kapteinlike gesag, as basis van die helmteken gebruik.

olifanttande in die wapen van Suid-Afrika (2000)ivoor-armringe in die helmteken van Ciskei

En alhoewel dit ’n indringer is uit ’n ander kontinent, is die Asiatiese olifant (Elephas maximus) ook in sommige Suid-Afrikaanse wapens te vinde. Dit word geleen uit die eretoevoeging in die wapen van sir Rufane Donkin.

Port Elizabeth


Counter

Terug na bo

For English, click here


Terug na temas-indeks

Terug na Armoria-indeks


Opmerkings, navrae: Mike Oettle