Verskeie van die organisasies wie se wapens mettertyd in hierdie afdeling sal verskyn, bevat in hulle name die woorde “Suid-Afrikaanse” of “van Suid-Afrika”. Soos in hierdie land die gebruik is, sal hierdie woorde op hierdie indeks as “SA” afgekort wees. Hierdie voorletters het in ander lander ander betekenisse, soos byvoorbeeld “South Australia” in Australië, of “Société Anonyme” in Franssprekende lande, maar in Suid-Afrika is die aanvaarde betekenis die landsnaam.
Heraldiese Genootskap van Suidelike Afrika