In 1954 het die Ned. Geref.
gemeente Kaapstad besluit om die gebou te sloop om 'n jeughostel in die
plek daarvan te bou.
Pogings om die sloping te
verhinder, was onsuksesvol. Hierop is voorgestel om die huis elders op
te rig. In 1957 is ooreengekom om Saasveld in Franschhoek te herbou langs
die Hugenotemonument, en dit as Hugenotemuseum te gebruik. Elke baksteen
is genommer en na die vervoer daarvan na Franschhoek, op sy oorspronklike
plek in die gebou ingemessel. |
Voorportaal van die
Hugenotemuseum
|