Hugenote-
vanne
met
nasate
in
Suid-Afrika:
Avicè
Bastiaans
Bisseux
Blignault
Briet
Bruére
Buisset
Carnoy
Cellier
Cochet
Cordier
Costeux
Courbonne
Couteau
Couvret
Cronier
d'Atis
De
Bus
De
France
DeGrave
De
Haas
De
Lanoy
Delporte
De
Péronne
De
Savoye
Des
Prez
Des
Ruelles
De
Villiers
De
Vos
Du
Buisson
Dumont
Du
Plessis
Du
Puis
Durand
Durier
Du
Toit
Eloy
Faure
Foucher
Fourdrinier
Fourié
Gardé
Gardiol
Gaugh
Goudalle
Grange
Grillon
Guilliaumé
Hugot
Jacob
Joubert
Jourdan
La
Batte
Labuscaigne
Le
Clercq
Le
Febvre
Le
Févre
Le
Grand
Le
Long
Le
Riche
Le
Roux
Le
Sueur
Lombard
Lorée
Malan
Malherbe
Marais
Maré
Marguerat
Martin
Martinet
Meinard
Menanteau
Meyer
Mille
Mouton
Mouy
Naudé
Néel
Niel
Nourtier
Perrotette
Petel
Pinard
Pochox
Prévost
Rétif
Richarde
Rogier
Roi
Roulain
Rousseau
Roux
Sénécal
Seugnet
Sézille
Simond
Souchay
Soullier
Taillefert
Terreblanche
Terrier
Therond
Verdeau
Villion
Viret
Vitout
Vivier
Wibaut |
Die
Hugenote wat teen die einde van die 17de eeu na die Kaap van Goeie Hoop
verhuis het, het slegs ‘n breukdeel verteenwoordig van die groot Protestantse
uittog uit Frankryk na die Herroeping van die Edik van Nantes in 1685.
Tog was hulle getalle groot genoeg om ‘n sterk invloed op die jong Kaapse
nedersetting uit te oefen. Reeds in 1671 arriveer die eerste Franse Hugenotevlugteling,
Francois
Villion (later Viljoen), aan die Kaap. In 1686 kom die broers Guillaume
en Francois du Toit aan. Nadat die hoofstroom Hugenote in 1688 – 1689 hier
aangekom het, het hulle ongeveer een-sesde van die vryburgerbevolking uitgemaak,
waarna hulle getalle steeds drupsgewyse tot die beëindiging van staatsondersteunde
emigrasie in 1707 toegeneem het.
'n Volledige naamlys van
die Hugenote wat na die Kaap verhuis en nasate in Suid-Afrika het, verskyn
in die kolom links. Nie al hierdie vanne word vandag in Suid-Afrika aangetref
nie, aangesien 'n hele aantal Hugenote stamouers slegs in die vroulike
lyn voortgeplant het.
Die voornemende setlaars
is slegs streng noodsaaklike bagasie toegelaat. Aan die Kaap was van hulle
verwag on 'n bestaan uit die landbou, handel of enige ander bedryf te maak;
indien deur eersgenoemde, sou hulle vry
plase ontvang, en gereedskap, saad en vee sou aan hulle gegee word,
waarvan die koste mettertyd aan die Kompanjie in koring of enigiets anders
terugbetaal moes word.
Die
VOC het Hugenote aangemoedig om na die Kaap te emigreer omdat hulle dieselfde
geloofsoortuiginge gehad het en op grond van die feit dat baie van hulle
oor goeie landboukennis beskik het, spesifiek van die wingerbedryf en die
maak van wyn, brandwyn en asyn. Hulle, maar veral hul nasate, het bewys
gelewer van hulle hardwerkendheid wat gelei het tot ‘n groot toename in
wynproduksie en die verbetering van Kaapse wyne se gehalte. Verskeie landgoedere
dra vandag Franse name wat herinner aan die besondere bydrae wat die Hugenote
op die gebied van wynbou gelewer het.
Toe John Ovington die
Kaap in 1693 besoek het, kon hy skryf:
“Hulle wingerde
is oor ‘n gebied van meer as vyf en sewentig Engelse myle aangeplant en
hulle sien steeds groot stukke onbewerkte grond voor hulle. In hierdie
distrik teel hulle vee, saai hulle koring, plant wingerdstokke en verbeter
hulle alles nougeset tot die beste voordeel … Hul druiwestokke, wat hulle
spoedig vermeerder het tot ‘n groot verskeidenheid, kan nou die skepe ook
voorsien…”
‘n Groot aantal Hugenote
is gelys as ervare “wingerdsnoeiers”. Die Die Villiers broers in besonder
het aan die Kaap aangekom met ‘n reputasie vir wingerdbou en wynmaak.
Deur die jare het die De Villiers-broers in totaal meer as 40 000 wingerdstokke
aan die Kaap aangeplant. Hulle het van die oorspronklike grond wat aan
hulle toegewys is (wat hulle La Rochelle genoem het) na individuele toekennings
naby Franschhoek getrek: Bourgogne, Champagne en La Brie.
Die Hugenote het egter
ook ‘n breër erfenis nagelaat. Duisende nasate dra vandag met waardigheid
vanne waarvan die spelling onveranderd uit hulle oorspronggebiede nagelaat
is, soos De Villiers, Malan, Du Toit, Du Plessis, Du Preez en Malherbe
of wat verafrikaans is, tot byvoorbeeld Viljoen,
Cronjé, Pienaar, Retief en Senekal. Sekere voorname wat onder die
Hugenote gewild was het hardnekkig in Suid-Afrika bly vassteek, veral mansname
soos Francois, Pierre, Etienne, Jacques en Louis. Berekeninge toon
dat die Hugenote se bydrae tot die samestelling van die Afrikanervolk sowat
24% bedra. Nasate is trots op hulle voorvaders wie se geloofsoortuiging
hulle erns was en waarvoor hulle baie opgeoffer het en bereid was om te
ly.
Die Hugenote word gekenmerk
aan hulle inherente trots, hardwerkendheid en eerlikheid. Hoewel hulle
aanvanklik hulle eie identiteit wou behou, het hulle tog later vermeng
met ander koloniste in Suider-Afrika om slegs Suid-Afrikaners te word.
Binne twee geslagte na hul aan koms aan die Kaap het selfs hul taal, Frans,
grootliks uitgesterf.
As groep het die Hugenote
op betreklik vroeë stadium ná die volksplanting hier aangekom
toe die blanke bevolking ook nog relatief klein was. Wat hulle in hul eie
vaderland as kinders van die Hervorming beleef en ervaar het, het hulle
as geestesgoed met hulle saamgebring.
Seker
die belangrikste invloed wat hulle in Suid-Afrika gehad het, is te vind
in die feit dat hulle, soos hul Hollandse voorgangers, draers van die Calvinisme
was. In sy werk Het leven van Johannes Calvijn kom D’Arbez tot die
slotsom:
“Toch, nergens
op aarde leeft het werk van Calvyn sterker door dan in Zuid-Afrika, waar
de geest van Calvyn nog niet verswakt is door den invloed van de twintigste
eeuw, zoals maar te dikwels het geval is geweest, en nog is, in de landen
van Europa”.
Etlike skrywers noem allerlei
kenmerke in die Afrikanervolk wat toegeskryf moet word aan die invloed
van die Hugenote: fisieke kenmerke soos ‘n donkerder gelaat en swart hare,
die opgewekte lewenshouding, uithouvermoë, artistieke sin, individualisme
en onafhanklikheidsin, liefde vir persoonlike en politieke vryheid, wellewendheidsvorme,
humor en blymoedigheid, vermoë om ‘n plan te maak.
‘n Opname gepubliseer
in die Sunday Times Magazine van 4 Oktober 1981 het aan die lig
gebring dat daar tussen die eerste 36 talrykste blanke families in Suid-Afrika
nege Hugenote-vanne is. Hulle is die families Nel, Du Plessis, Coetzee,
Fourie, Du Toit, Le Roux, Viljoen, Marais en Du Preez. In die eerste vier
dele van die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek is daar artikels
oor 25 persone met die van De Villiers, sewentien oor Du Toits, twaalf
oor Malans, nege oor Jouberts en agt oor Viljoens. ‘n Mens tref inderdaad
die name van Hugenote-afstammelinge aan onder die leiers en presteerders
op elke lewensgebied in Suid-Afrika – godsdienstig, maatskaplik, ekonomies,
kultureel, navorsing en ontwikkeling op die gebiede van die ingenieurswese,
natuurwetenskappe, landbou, die sport en die politiek; as weermagleiers
en as staatshoofde; as digters en as skrywers.
Die Franse Hugenote het
inderdaad ‘n direkte en indirekte erfenis in Suid-Afrika nagelaat. Hulle
het nie as ‘n afsonderlike, duidelik aanwysbare groep bly voortbestaan
nie. Reeds vroeg in die agtiende eeu is hulle as gevolg van destydse beleid
en getalleminderheid in die bevolking aan die Kaap opgeneem. Maar hoe gering
ook al in getalle, het hulle nietemin in Suid-Afrika op alle gebiede –
ekonomies, opvoedkundig, tegnologies, landboukundig, kultureel, kerklik,
godsdienstig, en so meer – ‘n waardevolle bydrae gelewer in die beginjare
van die vestiging aan die Kaap van Goeie Hoop.
Die Hugenote se nalatenskap
is vliedend: met die verloop van jare het navorsers verniet gesoek na ‘n
duidelik Franse invloed onder die Kaapse koloniste, en slegs die name van
families en plase bly oor. Watter bydrae die Hugenote ook al gemaak het,
word nie meer afsonderlik van hul mede-koloniste se bydrae onthou nie.
Maar die Hugenote se sin vir waardes leef voort, en die romantiek klou
steeds aan daardie Franse plaasname in die Wes-Kaap wat aan die vlugtelinge
herinner. Niemand sê dit beter as Maurice Boucher in sy "French
Speakers at the Cape" nie:
“Wat van blywende
waarde is, is die trotse erfenis van mans, vroue en kinders wat gely het
vir ‘n saak en die bannelingspad gevolg het om hulle geestelike integriteit
te behou. Dit was sekerlik waar van die grootste getal vlugtelinge, en
die verlange wat hulle moes gevoel het vir die land wat hulle vir ewig
verlaat het word weerspieël in die name wat hulle gekies het vir die
plase wat hulle langs die heuwels van die Wes-Kaap aangelê het: Languedoc
en Provence, La Brie, Calais en Cabrières; en ook ander wat vir
hulle die tonele van hul kinderdae en die wortels waaruit hul ontspring
het, in herinnering geroep het.”
AANBEVOLE SKAKELS
NA HUGENOTE WEBWERWE
Verwysings:
Pieter Coertzen: Die Hugenote
van Suid-Afrika 1688-1988, Tafelberg Uitgewers 1988
Lynne Bryer en Francois
Theron: Die Hugenote en Hul Erfenis, Chameleon Press 1987
JLM Franken: Die Hugenote
aan die Kaap, Staatsdrukker Pretoria, 1978
E-pos
|