Hierdie webwerf – so te sê ’n takkantoor van Armoria – ontleen sy adres aan die Afrikaanse term vir ’n wapenfiguur wat dikwels in die heraldiek voorkom, en waarvan die vernoude vorm, die skuinsstreep, dikwels in beide die regter- en linkerposisie gebruik is as breuk deur jongere seuns van wapenvoerders. Hierdie URL is ’n spieël van ’n webwerf wat die naam barensteel gebruik, die Nederlandse term vir die breuk wat die oudste seun in sy vader se leeftyd op sy wapenskild voer (in Afrikaans “baresteel”). Dit lyk paslik vir ’n webwerf wat op familiewapens fokus. (Vir ’n verduideliking van die skilde links en regs [die regterhandse een met ’n baresteel], kliek hier)
*** Hierdie vry webwerf word soms ’n ruk lank gesluit weens sy gewildheid. ***
Boekmerk asseblief beide hierdie bladsy en sy spieël hier om te sorg dat jy dit steeds kan besoek.