Hi. My naam is Chris en ek bly in Bloemfontein waar ek my vrou en haar familie in 1984 ontmoet het. uit die huwelik is twee seuns gebore.Ek werk by die Bloemfonteinse Nooddienste in die beheersentrum.Ons werk 12 uur skofte. Ek geniet my werk en ek geniet my familie. |
Chris Kruger |
My ouers is in 1957 met mekaar getroud en uit die huwelik is ek en my jonger broer Ben Gebore.Ek is in Aug.1961 gebore en my Broer is in Jul.1964 gebore.Albie van ons is in Durban gebore. In 1969 is my ouers geskei en my Ma is toe in 1970 met At Bresler getroutd.Uit daardie huwelik is daar net een seun gebore in Feb.1973.In 1979 is hulle toe ook geskei. In 1979 het ek skool klaar gemaak en is toe in Jan.1980 Weermag toe vir 4jaar lank tot en met maart 1984. Daar na het ek vir 3mnde op die Spoorwee gewerk in Kimberley waar ek toe my vrou ontmoet het.Ons is toe in Des.1984 getroud en het twee seuns.(eerste een is in Mei 1986 en die tweede een in Jan.1989 gebore). My Pa bly nog steeds in Durban en my Ma is toe weer getroud in 1982 met L.H.Van Zyl van Kimberley.. Hy het twee seuns uit sy vorige huwelik.My halfbroertjie is in Jul.1984 dood. |
My beste vriend was Francios Jonker gewees.Ons was sedert 1972 saam op skool gewees in Durban.Ons het kontak verloor in 1977 en het mekkar toe eers weer in Okt.1983 op die Grens in Namibia weer ontmoet.Ons paaie het in Maart 1984 geskei toe ek uit die Weermag bedank het. In Maart 1986 het ek met Gert Erwee kennis gemaak toe ek by die Bloemfonteinse Brandweer aangesluit het.Ons was saam op dieselfde skof gewees tot en met 1991 toe hy bedank het en na Bothaville verhuis het waar hy vir die Brandweer werk. Ons is nog steeds vriende en dit is nou al die af gelope 15 jaar . |
Ek hou van die natuurlewe , musiek , video`s , lees , rondtoer en om op die internet rond te swerf.Ek behoort ook aan verskillende kultuurorganisasies wat Afrikaans as taal bevorder. Ek stel in die politiek , my land en sy mense belang. |
Die land is baie mooi en het baie natuur reservate. Daar is omtrent 3 tot 4 natuurressevate in elke Provinsie. |