Welcome to the Coinquay web presence -- / -- Welkom by die Coinquay webpraesens (Gedigt)

I've selected thirteen poems as what I consider to be my best. But perhaps I'll include more than these, in future, and I may even include other people's poetry as well! This page is part of a larger website, the Coinquay web presence. Click the coinquay graphic to return to the main page. You can also reach the main page with the url http://ey.to.hey.to/.

Send comments and greetings to leuce@geocities.com.

Please sign my guestbook [ Sign here ], or read what others have said [ Read here ].


... Gedigt

Uitmuntend... of: my gunsteling gedigte. Uitmuntendterig... of: beste van die res. Uitvermundt... of: uittreksels uit onvoltooide pogings.
Uitmuntend...

Waan se vingers hou my vas
haar koue roer verkluim die noop
haar glimme blik weef silwer gras
en klief tot murg en siel my hoop.

Waan se arms hou my knus
haar soel geherfs verlei die waak
haar somber toon vertroebel hus
en brei tot koningsblou my vaak.
1995-11-12, Bellville

[ to top ]

loef

maar nogtans droef
en joviaal
melancholie se troef

melancholie se dy
en desolaat
maar salig vry

ly
1996-02-03, Bellville
kyk ook dia3.html en dia4.html (opspringvenstertjies)

[ to top ]

'n sampioen sluk my in
en vergeet om my te verteer
nou sit ek maar hier in sy donker maag
want oormôre vrot hy, en dan is ek vry
1996-10-11, Edinburgh

[ to top ]


Uitmuntendterig...

Aan die waterkant van jou

Vreemd om my hart te hoor klop
aan die waterkant van jou met
die gevoel hier opgekrop van
rus wat'k lank gelee verloor het.

Yskou branders veeg
en vloei van my met drome
van jou gety wat weg beweeg
en spartel in gedagtestrome.

Hier's mos waar'k moet wees
dae en aande soel, dae en aande vloei van my heen.

Hier leef al my drome oor jou
dae en aande koel, dae en aande dryf van my heen.

Die sagblou gesigeinder
reik diep in my verlee
waar die kim ander
vergete branders oor my vee.

Snaaks dat ek nou
diep water kuite voel
en vreemd dat my hart klop-klop
aan die waterkant van jou.
Iewers in 1990, Bellville

[ to top ]

Missing A, O and A

Suffice to say that reasoning alone
could not begin to show
remotely why my heart would not atone
or why the numbing snow
harasses not my fickening.

Moment'rily my stable thoughts
conceive surrender - sweet and fresh -
devoting warm retarted rot
naively rampant to my flesh,
lamenting not its lethal wroughts.

Dreaded, dreaded delight of my maddening.
1997-03-18, Edinburgh

[ to top ]

Siegfriend

skemerende kameraad
instrument van my verdriet
elfieliefdeslewensmaat
godsgenesend sianied

fatsoenlik soms maar dikwels kras
repliek is telkens in sy mond
identiteit van my respyt
esopus rus in sagte grond
demosthenes vergaan tot as
1995-03-17, Bellville

[ to top ]

jist a loady shite

aw whae a cunt ah wis last night
tae screw ma prick intae yer shite
yer virgin fanny's still aw right
but ken, yer arse wis rather tight
1997-01-07, Bellville

want die gediggie hierbo bevat vuil taal

[ to top ]

eldorado vlootblou strik
freule meisie sjoejannatjie
bateleur (sic) leersandaaltjie

elmsvure bliksemweer
frenensie psige, soepel vriend
dartelende maskerspook

elpebeentjie sonnestraaltjie
fret in dolle blinde vaart
dagerreodogtertjie
1995-03-19, Bellville

[ to top ]

Ontwrig die sin privaat en ons begin met wig te naat

Met elke tonggeklap slaan hy die splinter dieper in
my wankelrige selfbeeld in, en al wat dit verrig
- bedoeld of onbewus - is sorg dat ek ons vriendskap haat.

Met elke laggeluid dryf sy haar vuiste sonder sin
met mening teen my onskuld vas, en laat aan my die plig
om self - gevraagd of ongewens - die lewe te verlaat.

Met elke geen wat broer en suster deel sal my elfin
se nageslag die duister waan van my poësie verlig,
en dan besef die pyn is straks veroorsaak deur gepraat.
1995-06-24, Bellville

[ to top ]

labia

maar was lacia menore
die uwe tevore
in cepia beskore?

is my ydel verlore
soos trae getye
wat hunker verlye?

en vir oulaas vermye
die meisie verbye.
1998-01-10, Bellville

[ to top ]


Uitvermundt...

Tussen tye in die tyd
staan die Koningin van Spyt;
Voor die ruitery van elfe
staan die mensekind en pleit.

Die lakeie van Annwfn
fluister sissend haat en hoon
want die vreemdeling Tamlin
het die doderyk verloën.
uit Tamlin, verse 2 en 3 (van 4)
"Annwfn" uitgespreek "an-noën"
1994-12-21, Witsand

[ to top ]

Ek wens ek was 'n kunstenaar
met woorde as my verf -
my eseltjie 'n lesenaar
waarop ek ritme kerf.

Ek wens ek kon my drome pen
met sinne kleure vang,
die reentboog in die ink herken
en skadus daaraan hang.

[chorus]

Die metafoor het my ontgaan
van liefde my gestroop;
my hart is koud, my siel is waan,
my lewe is 'n troop.
uit Troop, verse 1 en 2 (van 2 sover)
'n midi-lêer van die wysie is forthcoming
1994-12-23, naby Witsand

[ to top ]

Die kerkklok kondig ronduit feesdag aan,
die kinders lag en huppel deur die straat,
die ouderling stap statig selfvoldaan,
en bring my stralend na my liefdesmaat.

Die aandklok lui die dag se sterwe in,
die beeste loei en drentel deur die land,
die moeë boerjong slenter na sy kin,
en laat my donker eensaam teen die rand.
met apologie aan Thomas Gray
1995-06-12, Zonnebloem

[ to top ]


Eindnota...

'n Pand wat heers, 'n pand wat opspoor,
'n pand wat lok en in die donker moor
in die Land van Maerdor waar die skadus draal.
uit Ringemeester, 'n vertalinkie
vroeg 1993, Zonnebloem

[ to top ]

Knoopspinnekop werftoekenning

E.O.F.

Site Meter
free afrikaans hosting
1000 afrikaans links
many afrikaans links
quite a few afrikaans links
the afrikaans crow's nest, 500 links
afrikaans / english translation
html writers' guild

(c) 1999 Samuel Murray
leuce@geocities.com

http://www.oocities.org/EnchantedForest /Dell/6414/gedigt.html
http://www.oocities.org/lacialacia/gedigt.html
http://ey.to.hey.to/ (url forwarding) then gedigt.html

Site created: 1999-08-30
Page created: 1999-11-22

Founts used: Maiandra, Bradley Hand, OCR A Extended, Viner Hand, Arial, Helvetica, Tahoma. Graphics designed using: MS Paint w95 (drawing), MS Photo Editor 3.0 (to convert to gif and jpg), ACDSee 2.41 (viewing). File compression using: WinRAR 2.50. Html written using: Arachnophilia 3.9. Total time used: (not available yet).

Site layout optimised for printing. Best viewed with any 3rd generation browser at 480x640 resolution or higher. A zip-archive of this entire site is available as eytoheyto1.zip (379 kb) and eytoheyto2.zip (427 kb).

Banner exchange:
ZA Banner Exchange